Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Plaaslike rugby uitgestel oor koronavirus-gevaar

Die Grootuitdaag-rugbyliga is uitgestel tot Dinsdag 14 April as gevolg van die koronavirus en om die verspreiding van die siekte te keer.

Die president van die Boland-klubrugby-unie, Ivan Pekeur, het die nuus Maandag 16 Maart bevestig dat plaaslike rugby uitgestel sal word na aanleiding van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak en die moederliggaam vir SA Rugby se e-pos.

“Alle skole-oefeninge en wedstryde word tot en met Dinsdag 14 April opgeskort. Spelers kan individueel oefen, maar groepoefeninge is taboe,” verduidelik Pekeur.

“Alle klubwedstryde en -oefeninge word tot en met 14 April opgeskort.

“Wedstryde in ons klubkompetisies sal hopelik Saterdag 25 April ’n aanvang kan neem.”

Hy het bygevoeg die SuperSport- kompetisie is hiermee ook uitgestel tot verdere kennisgewing.

“Die Gold Cup-uitspeelwedstryde sal slegs voortgaan ná verdere oorweging en bespreking. Boland sal alle jaar­vergaderings tot en met 14 April vermy en indien die tydperk verleng moet word, sal ons die klubs dienooreenkomstig inlig.”

Alle kursusse wat deur Boland aangebied is, word hiermee opgehef en ’n verdere aankondiging sal ná 14 April gemaak word.

Die gewilde Super 8-paastoernooi is ook gekanselleer asook die Swartland Funduro as gevolg van dié virus.

“Alle vrouerugby word tot latere kennisgewing opgeskort. Die unie vra en pleit by klubs en lede om hierdie maatreëls te respekteer en instand te hou.

“Geen verdere aansoeke vir vriend­skaplike wedstryde sal goedgekeur word nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.