Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Potspelkampioenskap in Weskus

Die SA agtbal-potspelkampioenskap sal die eerste keer in die Weskus aangebied word wanneer dit binnekort by die Saldanha-veeldoelige sentrum begin.

Dit sal tussen Saterdag 13 April tot Saterdag 27 April beslis word.

Weslander het vroeër in die jaar berig oor ’n groep Weskussers wat gekies is om aan dié kampioenskap deel te neem.

Die potspelspelers sal in die vroue-, senior en meestersafdelings aan die kampioenskap deelneem.

Die proewe vir vroue is Saterdag 23 Februarie in Phoenix gehou en dié vir die meesters en seniors Saterdag 2 en 3 Maart.

Elanie Botha, bestuurder van die Weskus-potspelklub, sê omtrent ’n duisend spelers word oor die twee weke van die kampioenskap verwag.

Die vroueafdeling sal uit 25 spanne bestaan en die meesters en seniors uit 50 spanne.

Die vrouespan is Elanie Botha, Inelda Heyns (kaptein), Madre Smal, Monique Schoeman, Vigeniëa Payne en Barbara Amor met Bennie Engelbrecht en Petro Botes as skeidsregters.

Die vrouespanne sal die kampioenskap Saterdag 13 April begin en speel tot Vrydag 19 April.

Die meesters en seniors sal dan voortgaan van Saterdag 20 tot Saterdag 27 April.

Die A-span van die meesters is Lynette Gibson (bestuurder), Gert Hibbert (kaptein), Wayne Esau, Shaheed Basadien, Gerald Mc Master en Manny de Sousa met André van Vuuren en Sean Yuill as skeidsregters.

Die B-span van die meesters is Delia Stevens (bestuurder), Francisco Mentoor (kaptein), Mark de Jager, Piet Smit, Paul Jacobs, Arrie Haughton, Derek Hawkins (reserwe) met Barry Engelbrecht en Labeeb Arendse as skeidsregters.

Die senior span is Riaan Riddles (bestuurder), Gerrit Botha (kaptein) Jacques Cronje, Ivan Wurz, Jason Thorpe, Cedric Mitchley, William Huisamen, Stephan Geldenhuys, Sidney Booth en Ettienne Roberts met Morné Koekemoer en Johan Janse van Rensburg as skeidsregters.

Die publiek is welkom om die toernooie te ondersteun en toegang is gratis. Spel vind plaas van 09:00 tot 21:00 elke dag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.