Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Potspelspan ‘begrawe’ res

Die Undertakers-span het op sy ryk geskiedenis geboutoe dié potspelspan die Weskus se A-liga vir die 18de keer gewen het.

Die eindstryd van die Wes­kus se A-liga is Donderdag 20 November by Phoenix-potspelklub in Vredenburg beslis. Volgens Gert Hibbert, voorsitter van Weskus-potspel, was die ligakompetisie beson­der sterk vanjaar met agt spanne wat om die titel meegeding het.

“Baie min punte het die eerste vier spanne van mekaar geskei, met Ballbreakers en Poolbar A van Poolbar-klub, Hoppers van Rooikrans en Undertakers van Phoenix-klub in Vredenburg.”

Die uiteindelike wenners was die Undertakers wat Hoppers oortuigend in die eindstryd met 11-7 geklop het.

Die Undertakers-span is 21 jaar oud en is die oudste en mees suksesvolle span in die liga. Die Weskus se B-liga is nog in volle gang en die eindstryd sal vroeg in Desember plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.