Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Roei nie sport vir sissies

Vinnig vloeiende diep water het net betyds vir die Bergrivier-kanomarathon, waaraan etlike lede van die Weskus-kanoklub gaan deelneem, aangekom.

Die Bergrivier-kanomarathon begin Woensdag 11 Julie in die Paarl en eindig vier dae later – Saterdag 14 Julie – in Velddrif nadat die roeiers 240 km afgelê het.

Die gedeelte tussen Paarl en Gouda kon die afgelope drie jaar weens die droogte nie geroei word nie. Inteendeel, tot sowat drie maande gelede was dele van dié rivier steeds heeltemal droog.

Om aan die Bergrivier-kanomarathon te kan deelneem, is nie heeltemal so ’n eenvoudige proses nie. Jy moet eerstens begin oefen om fiks te word. Jou fisieke en psigiese ingesteldheid moet nie onder verdenking wees nie. Jy moet koue kan hanteer en soms senuwees van staal hê.

Daarbenewens word van jou verwag om lank behoorlik te konsentreer om vir jouself te dink en te navigeer, veral in die baie uitdagende tegniese gedeeltes van die rivier soos die nou gangetjies in ’n vinnig vloeiende rivier met takke wat jou in die gesig slaan en kan laat omval.

Jy sal soms oor keerwalle moet roei en honderde stroomversnellings en allerhande kinkels en gangetjies moet oorleef voordat jy uiteindelik by die eindpunt sal aankom waar opgewonde toeskouers op jou wag terwyl jy oor plat water aangesnel kom.

’n Paar begeesterde entoesiastiese senior roeiers van die Weskus-kanoklub het vroeg in die roeiseisoen besluit hulle gaan aan die “Berg 2018” deelneem.

Roeiers moet eers ’n string (finansiële) uitdagings oorbrug om toegelaat te kan word om deel te neem, want jy moet baie oefen en baie reis om aan sekere voorgeskrewe wedvaarte deel te neem sodat jy kan kwalifiseer.

Hulle moet ten minste op die vlak van ’n B-graad-roeier wees nadat hulle oorspronklik met ’n flat water-gradering (oor gelyke water) begin het en wanneer hulle aan die voorgeskrewe wedvaarte deelneem, moet hulle ook sekere afsnytye haal.

Dit is wat roeiers basies moet bereik en bemeester om aan die wêreld se uitdagendste, moeilikste en soms uiters gevaarlike kanomarathon deel te neem.

Sewe roeiers van die Weskus-kanoklub het hulle met die ter perse gaan reeds ingeskryf: Taxi Kotze (spankaptein), Kobus du Raan, Marthin Potgieter, Rene Boehm, Ralph Whiting, Hennie Lategan en Flo Els.

Hulle gaan binnekort teen die wêreld se beste roeiers meeding – pas nadat hulle die afgelope naweek saam met 83 ander roeiers aan die tweedaagse Pink Lady-kanomarathon in Gouda en Paarl deelgeneem het.

Belangstellendes word genooi om ’n vaartbelynde K1-kano by die Weskus-kanoklub op die proef te kom stel, maar moenie moed opgee as jy in die eerste oefensessie meer geswem as geroei het nie – vir baie neem dit gewoonlik tot 24 maande om hulle vir die Berg voor te berei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.