Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rugbyliga skop met groot sege vir St. Helenabaai

Die manne van St. Helenabaai-rugbyklub Saterdag Langebaan-rugbyklub op hul tuisveld gepak.

Dit was die eerste wedstryde van die Weskus Grootuitdaag-liga, wat Saterdag 5 Mei begin het. Dit was ’n baie opwindende wedstryd, waarin St. Helenabaai vir Langebaan 50-18 geklop het.

St. Helenabaai het agt drieë gedruk teenoor Langebaan se die twee.

Nelson Siphungu en Monre Thorne het hul goed van hul taak gekwyt en twee drieë vir Langebaan gedruk terwyl Diego Talmakkies, Raymond Papier, Leighton Kanow, Vincent Roberts, Christiaan Chirwa, Hilford Clarke en Kerwin Abdol, almal agter die pale gaan kuier het vir St. Helenabaai.

Papier het vyf van die drieë verdoel.

“St. Helenabaai het die grondslag vir hul oorwinning voorlangs gelê. Daarteenoor het ons te veel ongedwonge foute op aanval en verdediging gemaak,” volgens Nigel Samuels, van Langebaan-rugbyklub.

Volgens Thyrone Williams, afrigter van die tuisspan, was die eerste ligawedstryd ’n sukses, maar was daar ook ’n paar foute weens senuweeagtigheid.

“Dit is in ’n baie goeie gees gespeel omdat die twee klubs ’n baie goeie verstandhouding het,” meen Williams.

Saterdag speel Vredenburg teen St. Helenabaai, Langebaan t. Mamre, Velddrif t. Saldanha, Paternoster t. Young Hearts van Pella en Hopefield het ’n loslootjie.

Die wedstryde word op eersgenoemdes velde gespeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.