Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Saldanha-spelers vereer, voorsitter tree uit

Saldanhabaai-rugbyklub het Vrydag 23 November al sy beste spelers vir die seisoen by die klub se jaarlikse bekeruitdeling by die Dial Rock-saal in Saldanha vereer.

Shilton van Wyk is as die speler van die jaar aangewys en het ook ’n paar ander pryse ontvang, waaronder agterspeler van die jaar, vir die meeste drieë en as voorste puntemaker vir die eerste span.

Helio Vraagom is as die beste agterlynspeler asook die voorste puntemaker vir die tweede span aangewys.

Bertram Vraagom, die voorsitter en een van Saldanhabaai-rugbyklub se leiers die afgelope 11 jaar – en voor dit ’n gevierde afrigter, speler, kaptein en provinsiale speler – het Vrydagaand aangekondig dat hy as voorsitter van Saldanhabaai-rugbyklub uittree.

Die klub het sy dank aan Vraagom vir sy jare se diens aan die klub en die gemeenskap uitgespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.