Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Skool se gholfdag beloof pret te wees

Gholf is een van die eerste sportsoorte wat weer gespeel kon word ná die verslapping van Covid-19-regulasies.

Gholfspelers wat weer na die baan wil terugkeer, kan hulle gereed maak vir die Jurie Hayes Primêr-gholfdag.

Dié gholfdag, wat Saterdag 12 September by die Vredenburg-gholfklub gaan plaasvind, is ’n geldinsamelingsprojek vir die skool.

Spelers sal aan ’n “4 Ball alliance with preferred drive” teen R350 per speler, met ’n kanon afslaan.

Gholfkarretjies moet vooraf bespreek word. Benewens die gholf sal daar ook wegneemetes en ’n “natgat” wees.

Daar is verskeie pryse op die spel – vleis, wyn, geskenkbewyse en ook gelukstrekkings.

Registreer by die skool of by die Vredenburg-gholfklub.

Deelnemers moet onthou alle Covid-19-veiligheidsreëls is verpligtend en sal nagekom moet word, soos die dra van maskers, siftingstoetse, fisieke afstand en ontsmetting van hande.

Bel die organiseerder, Yves Damon, by 071 737 1818 vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.