Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Sokkerklub vereer bestes

’n Dekade gelede het pastoor Franklin Adams besluit om ’n nuwe sokkerklub in Steenberg’s Cove, St. Helenabaai, te stig nadat die vorige klub tot niet is.

En só is Relay United gebore.

“Die Cove se mense was nog altyd groot sokkermense. Daar was ’n behoefte om weer ’n klub op die been te bring,” vertel Adams.

Tien jaar later kyk die lede van die klub terug op hul vele prestasies. “Ons was al vier keer wenners van die liga en ons is amper altyd in die topdrie.”

Hy sê benewens uitstekende sokkertalent wat plaaslik ontwikkel word, slaag die klub ook daarin om misdaad en dwelmmisbruik in die gebied te verminder deur vir jongmense opbouende sportvaardighede te leer.

Adams sê ook die klub is geskoei op Christelike beginsels en daarom kry die spelers ook geestelike leiding wanneer hulle aan Relay United behoort.

Verlede Donderdagaand het Relay United sy tiende bestaansjaar op ’n gepaste wyse by die Steenberg’s Cove-gemeenskapsaal gevier. By dieselfde geleentheid is die klub se presteerders van die jaar vereer.

“Ons bedank al ons borge en veral die plaaslike boer, Yusuf Patel, wat ons finansieel bystaan. Dankie ook aan Virginia Vraagom, skoolhoof van Steenberg’s Cove vir haar lojale ondersteuning van ons kinders.”

Adams sê hoewel die klub in Steenberg’s Cove gebore is, het hy ook heelwat spelers uit die groter St. Helenabaai en veral Laingville.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.