Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Spanne spook dit uit op die sportveld

Transnet het Woensdag 26 September vir die vyfde jaar sy Transnet-sportdag tussen die Vredenburg-polisie en Transnet gehou.

Dié toernooi, waar rugby en netbal gespeel is, is by Saldanha-sportterrein gehou.

Toeskouers is met opwindende rugby en netbal vermaak met Hoërskool Weston en Louwville se o.16-spanne wat ook kragte gemeet het.

Op die dag het Transnet se rugbyspan die span van die polisie met 37-25 geklop.

Die organiseerder van die toernooi, David Lewis, meen dié wedstryd was ’n taai een.

“Dis ’n taai stryd, maar Desmond Burger, speler van die wedstryd, het gewys dat waar ’n bal is, word daar rugby gespeel,” het Lewis gesê.

“Baie dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het, veral die rugby- en netbalspanne.”

Lewis het ook Saldanha- en Vredenburg-rugbyklubs bedank vir die gebruik van hul toerusting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.