Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Spanne van Weskus reg vir reeks

Weskus-rugbyspanne is gereed om hul stempel op die gewilde Boland-Grootuitdaag-klubrugbyliga, wat hierdie Saterdag (6 April) afskop, af te druk.

Verlede jaar was Saldanha-rugbyklub die Weskusstreek-wenners en tweede algeheel nadat hy teen die wenners, Worcester Villagers, in die eindronde vasgeval het.

Dié span sal sekerlik vanjaar sy kroon wil verdedig, maar ook met die louere as Grootuitdaagreekswenners wil wegstap.

Die Grootuitdaagreeks bestaan uit verskeie streke soos die Weskus, Witsentraal, Overberg, BreëLangeberg, Swartland en Noordweste.

Intussen is die meeste van die plaaslike afrigters en spelers besig met oefensessies en voorbereidings.

“Ons is meer op fiksheid en spierontwikkeling gefokus en ons visie is om as een van die beste spanne in die Weskus erken te word,” sê Earl Baylie, afrigter van Paternoster-rugbyklub, oor hul doelwitte vir die jaar.

Die spanne het ook verskeie vriendskaplike wedstryde as deel van hul voorbereiding teen mekaar gespeel.

Shilton van Wyk, ’n speler van Saldanha, was ook in die Boland-Kavalierspan wat Saterdag 30 Maart by Rhino Park in Piketberg teen die Vodacom Blue Bulls gespeel het.

Die Bulle het die Kavaliers in ’n taai wedstryd 36-24 geklop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.