Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tafeltennisspelers vra hulp om by kompetisie te wees

Die Weskus-tafeltennisfederasie (WTTF) se talentvolle lede sien daarna uit om hul stempel by die Wes-Kaapse tafeltennis-spankampioenskap af te druk. Dit word 28 en 29 Junie in Saldanha gehou.

Weskus het in 2017 die eerste plek behaal en verlede jaar die tweede plek. Hulle sal vanjaar weer vir een van die toppryse mik.

“Met hierdie uitsonderlike prestasie wil ons dié jaar poog om die beste span in die Wes-Kaap te wees,” sê Fransico Steyn, bestuurslid van WTTF.

“Ons het individue en ondernemings se hulp nodig om kostes te dek soos vervoer, verblyf, etes, klere en toerusting.”

Vir meer inligting en om ’n bydrae te maak, bel Dantrich Booysen by 074 944 5855 of Denvan Bocks by 084 906 5387.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.