Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Uitspeelronde skop naweek in Van Rhynsdorp af

Saldanha het Saterdag in ’n vriendskaplike wegwedstryd teen Hamlets van Mamre vasgeval.

Die Boland-Grootuitdaag-Weskusstreekkampioene het die stryd as voorbereiding vir sy top-12-uitspeelronde, wat Saterdag begin, gebruik.

Saldanha het die wedstryd haastig begin en gou 14-0 voorgeloop. Die besoekers het meer balbesit en gebiedsvoordeel geniet, maar ongedwonge hanteerfoute en goeie verdediging deur die tuisspan het Saldanha verhoed om meer punte aan te teken. Hamlets het egter sy ritme gevind en voor rustyd met twee drieë geantwoord om Saldanha se voorsprong tot 14-10 te verklein.

Die spanne het mekaar in die tweede helfte behoorlik opgekeil en die skare met skitterende verdediging vermaak.

Die tuisspan het die besoekers met twee strafskoppe gesink en die wedstryd 16-14 gewen.

Saldanha reis Saterdag na Van Rhynsdorp vir sy eerste wedstryd in die top-12-uitspeelronde en wil graag met ’n oorwinning terugkeer. Die Weskussers sal die Melkboere van Darling daarna pak in ’n alles-of-niks-wedstryd wat sal bepaal wie na die halfeindstryd van die Boland-klubkampioenskap deurdring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.