Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Unie maak geen voetfout

Weskus-netbalunie (WNU) het Saterdag 19 Oktober al sy beste spelers vereer by sy jaarlikse bekeruitdeling by Club Mykonos.

Volgens Madelein Horn, voorsitter van WNU, is nie net die spelers vereer by dié geleentheid nie, maar het die federasie ook rede gehad om fees te vier.

WNU is 14 September as die federasie van die jaar gekroon by die Wes-Kaapse sporttoekennings.

“Dit is ook vanjaar die tiende jaar dat die federasie netbal onder die vaandel van Weskus-netbalunie beoefen. WNU was een van die eerste federasies wat onder die Weskus vaandel dié sport beoefen het,” het Madelein gesê.

By dié spoggeleentheid is die volgende pryse uitgedeel:

  • Beste A-spanspeler van die Weskus: Aliche Schnetler (Langebaan).
  • Sportpersoonlikheid van die jaar: Madelein du Plessis (Clanwilliam-klub).
  • Sportvrou van die jaar: Alexa Zog (Vredenburg-klub).
  • Sportman van die jaar: Brandon Brand (Velddrif).

Citrusdal-netbalklub is ook vir die agste jaar aangewys as die klub met die beste administrasie in die Weskus, Darling-netbalklub die beste administrasie van die klubontwikkelingspanne en Majestics (Citrusdal) die beste vordering in administrasie.

Volgens Madelein het Elserine Schutte (Citrusdal-klub) ook haar erelidmaatskap ontvang vir meer as 20 jaar wat sy by netbal in die Weskus betrokke is.

Enige nuwe klubs wat in 2020 by Weskus-netbalunie wil aansluit, kan Madelein by 072 601 0994 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.