Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Van Wyk op pad om rugbynaam te maak

Shilton van Wyk (19), ’n speler van die Saldanha-rugbyklub, is goed op pad om naam in die rugbywêreld te maak nadat hy ’n tweejaarkontrak vir die SA Sewes-akademie losgeslaan het.

Hy woon tans in Saldanha en speel ook vir die Boland Kavaliers waar hy as heelagter en losskakel diens doen.

Randall Modiba, sy afrigter by Boland Kavaliers, het aan Supersport se webblad gesê hy was baie beïndruk met Van Wyk se werkvermoë, sy lynbreuke en sy vermoë om gapings te identifiseer.

Volgens Van Wyk is die vlam aangesteek toe hy nege jaar oud was. Hy speel nou al ’n jaar vir Saldanha.

Toe hy gevra is hoe dit voel om sy land in sewesrugby te verteenwoordig, het Van Wyk gesê: “Ek is trots op myself oor wat ek tot dusver bereik het en ek sien uit na die eerste dag sodat ek kan begin.”

Hy begin Donderdag 1 Oktober saam met die sewesspan oefen.

Van Wyk voeg by dat hy nog doelwitte met sy rugbyloopbaan het.

“Ek wil graag ook in die Kaapstad-sewes speel,” sê hy.

“Om na-ure op my eie te oefen en fiks te bly, help my om te fokus,” het Van Wyk op die vraag hoe hy gemotiveer bly om hard te werk en deur te druk, geantwoord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.