Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
VBSCC lê die wilgerlat in

Vredenburg/Saldanha-krieketklub (VBSCC) het Saterdag 1 Februarie weer sy staal gewys toe dié span Coronations geklop het.

Coronations het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

VBSCC se kolwers het slag gebied teen die boulers se individuele goeie begin en is later vir ’n skaflike 224 uitgeboul.

Shane Summers (36; 1x4, 3x6), K. Oosthuizen (34; 1x4, 4x6) en Q. Kannemeyer (30; 2x4, 1x6) het goed vertoon.

Theo van Wyk (3/24) en Alfredo Adams (3/54) het goed geboul.

A. Oliver (80; 8x4, 1x6), R.Lackay (44; 7x6) het ’n uitstekende begin gehad en op 100/1 het dinge nie goed vir die Krewe gelyk nie.

Neil Lochner (5/34) en Tommy Kannemweyer (4/34) het egter ander planne gehad.

Saam het hulle deur die Coronations-kolwers se verdediging gebreek en Coronations vir 180 lopies uitgeknikker.

VBSCC het dus met 44 lopies gewen.

VBSCC se derde span het teen Velddrif se eerste span in Mooreesburg gespeel.

Velddrif het 151/6 in 20 boulbeurte aangeteken.

A. Julies (47; 4x6, 4x4), L. Diergaardt (35; 1x6, 3x4), Rahul Hartzenberg (3/18) en Carlo Thomas (2/29) het uitgestaan.

VBSCC het die wenlopies (152/5) in 19 boulbeurte aangeteken nadat Gio Hulley (80*; 3x6, 8x4) en Dwayne Smith (41; 2x6, 2x4) behoorlik ingelê het om Velddrif Een oortuigend met vyf paaltjies te klop.

Hanno Kotze van VBSCC is reeds vir die Kaapse Kobras gekies wat komende Sondag teen die Warriors gaan speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.