Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Velddrif wen eerste keer

Velddrif-rugbyklub het sy eerste oorwinning van die seisoen Saterdag 4 Mei op sy tuisveld aangeteken toe hy Young Hearts van Pella 25-13 geklop het.

Die tuisspan het rustyd reeds 20-13 voorgeloop en die bonuspuntdrie in die tweede helfte gedruk.

Die besoekers het die tuisspan vroeg onder druk geplaas en met die wind agter sy blad gebiedsvoordeel geniet.

Die besoekers het egter nie die geleentheid behoorlik benut nie aangesien Pella die meeste van die tyd in Velddrif se gebied gespeel het.

Die tuisspan het egter die eerste keer, toe hy in Pella se kwartgebied gekom het, ’n verdoelde drie aangeteken om 7-3 voor te loop.

Young Hearts het onmiddellik gereageer en Barry Adonis het in die hoek oorgeval vir ’n onverdoelde drie.

Hanteerfoute deur altwee spanne het die wedstryd egter onsmaaklik gemaak en pragtige hardlooprugby van albei spanne is met aanslae en vorentoe-aangeë ongedaan gemaak.

Sekondes voor die rustyd-fluitjie sou blaas, het die tuisspan munt uit die besoekers se swak verdediging geslaan en ’n onverdoelde drie aangeteken.

In die tweede helfte, toe die tuisspan die wind van agter hulle gehad het, het die spel egter weens swak dissipline aan albei kante nie veel opwinding opgelewer nie.

Velddrif het met die oorwinning verseker dat hy uit die agterste sone van die punteleer skuif en beklee nou die sesde plek. Die nederlaag beteken dat Pella na die vyfde plek terugsak.

Velddrif pak volgende die onoorwonne Saldanha aan.

Vredenburg het die Agterbaaiers Saterdag verwelkom. Die tuisspan het in ’n taai wedstryd 37-33 geseëvier en sodoende sy onoorwonne rekord behou.

Vredenburg reis die naweek na Pella waar hy Young Hearts gaan aandurf.

Paternoster het Saterdag op sy tuisveld 3-28 teen Saldanha vasgeval nadat die rustydtelling 3-3 was.

Paternoster reis Saterdag na Hopefield.

Langebaan het Hopefield die afgelope naweek 20-8 op sy tuisveld getroef. Die span reis Saterdag na Mamre.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.