Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vier spanne deur na eindronde van rolballiga

Meer as 3 700 rolbalspelers het aan die eindronde van die Zandvliet-sakeliga wat Saterdag 22 Junie by die Lagoon-rolbalklub (LR) in Langebaan gehou is, deelgeneem.

Volgens Jannie Roos, die president van LR, is die sakeliga deur Zandvliet geborg en van die 3 700 spelers wat deelgeneem het, was 328 van die Weskus.

“Die doel van die dag was om mense wat nog nooit voorheen ’n lid van ’n rolbalklub was nie, by die spel te betrek,” verduidelik Roos.

“Van die aanvanklike 82 spanne in die Weskus het agt spanne na die eindronde deurgedring.”

Volgens Roos het vier van die agt spanne wat by LR gespeel het na die eindronde deurgedring wat Saterdag 14 September in Bonnievale gespeel gaan word.

Die spanne is as volg: PJ Toilets, Ben Span Moorreesburg, Wis 24 Moorreesburg en Spar Vredendal.

“Die PJ Toilets-span het puik rolbal gespeel en het verdien om as algehele wenner gekroon te word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.