Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Villagers dis sokker uit boonste rakke op

Villagers-sokkerklub (VSK) het sy 50ste verjaardag met ’n welverdiende oorwinning teen St. Helenabaai gevier.

Die span het gewys wat in hom steek toe hy St. Helenabaai Sondag (2 Februarie) by die Diazville-sportterrein geklop het.

Die Castle SAB-liga het in Desember amptelik begin. Verskeie sokkerklubs in die Weskus sal uitsien om hul slag hierdie seisoen te wys.

Denovan Jacobs, afrigter van VSK, sê die wedstryd het stadig begin en ná die eerste 10 minute het TJ Diedericks (Rashford) Villagers se eerste doel aangeteken. “Ná die eerste doel het die jeugdiges van Villagers met goeie balbeheer beheer oor die wedstryd geneem,” sê Jacobs. “Villagers het talle geleenthede geskep en party goed benut en sodoende die wedstryd 5-1 gewen.”

Die doelskieters vir VSK was: Edwardo Carstens (2), TJ Diedericks (2) en Sandiso Galeni (1).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.