Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vipers val vas

Die Saldanha Vipers het Donderdag 12 Maart in ’n wegwedstryd teen Atlantis se Eagles-vlugbalspan vasgeval. Die vriendskaplike wedstryd het in die Rebecca van Amsterdam-saal plaasgevind.

Die twee spanne wat die seisoen saam in die premierliga van die Cape Winelands Volleyball-unie speel, het vir ’n spannende wedstryd gesorg.

Saldanha, wat die eerste stel met 23-25 verloor het, het in die tweede stel (25-22) mooi herstel om sake gelyk te maak en het ook die derde stel (25-21) gewen. Die Viper-span het egter daarna die kluts kwytgeraak en het die agterdeur vir die tuisspan wawyd oopgemaak. Atlantis het weer met selfvertroue gespeel en die besoekers tot ’n beslissende vyfde stel gedwing. Die beslissende stel het egter vir die span van die Weskus verkeerd verloop en die tuisspan het die oorwin­ning met 23-21 verseël.

Volgens Paul Davids, afrigter van Saldanha Vipers, was die wedstryd deel van die span se voorseisoenvoor­bereiding voordat ligaverpligtinge op 28 Maart begin. Davids sê voorts sy span speel dié seisoen in die premierliga van die Cape Winelands Volleyball-unie. Ander spanne wat deel van dié liga is, is Saldanha Vipers, Drakenstein Jaguars, Worcester Spartans, Mbekweni en Worcester Ballers.

Die twee spanne pak mekaar op 28 Maart in Saldanha in ’n ligawedstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.