Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vlooi, Fanie spook dit uit

Weskus-rolbal se eerste ope enkels vir mans en vroue was ’n groot sukses.

Dié kompetisie is gehou met die doel om die Weskus-kampioen te kroon. Volgens André Swart, voorsitter van Weskus-rolbal, is die eerste van die uitdun­wedstryde op Donderdag 21 Maart gespeel en die eindstryd op 31 Maart by Langebaan Country Estate (LCE) gehou.

“Die kompetisie was oop vir spelers van enige ouderdom en die enigste vereiste was dat ’n speler tans ’n lid van ’n Weskus-rolbalklub moet wees,” verduidelik Swart.

“Rolbal van hoog­staan­de gehalte is gespeel met ’n paar opskuddings wat die gunstelinge in die stof laat byt het.”

Die eindstryd van die mans was tussen Vlooi van Zyl van Moorrees­burg en Fanie van Rooyen van Weer­mag. Ná ’n taai stryd is Van Rooyen uiteindelik as die wenner in die mansafdeling gekroon.

“Die vrouewedstryd was net so spannend met die deurslaggewende wedstryd tussen Pam Beer en Elana Fourie van LCE,” sê Swart.

Beer het die knoop deurgehak en as wenner uit die stryd getree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.