Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Weskus-netbal bo

Dit was netbal uit die boonste rakke.

Die Weskus-netbalspanne het 27 tot 29 April aan die Wes-Kaap-netbaltoer­nooi by Hoërskool De Kuilen in Kuils­rivier deelgeneem. Hulle het teen die Kaapse Metropool (WP), Kaapse Wynlan­de (Boland), Overberg, Eden (SWD) en Sentraal Karoo gespeel.

Die A-vrouespan het in die A-afdeling gespeel en ’n silwermedalje verower. Die span se uitslag is soos volg:

Wen Overberg A 35-22, wen Kaapse Wynlande A 33-31, wen Sentraal Karoo 63-11, wen Overberg B 42-14 en verloor teen die Kaapse Metropool A 16-40. Amber Coraizen is as die speelster van die toernooi en die beste senter vir o.19 aangewys.

Die B-vrouespan het in die B-afdeling gespeel en ook ’n silwermedalje gewen. Die span se uitslag is soos volg: Verloor teen die Kaapse Metropool B 20-31, wen Overberg B 30-13, wen Kaapse Metropool C 27-26, verloor teen Kaapse Wynlande B 19-40 en speel gelykop teen Overberg A 26-26.

Die manspan het ’n vyfde plek behaal. Sy uitslag is soos volg: Verloor teen Overberg 23-26, verloor teen Kaapse Metropool B 22-33, verloor teen Kaapse Wynlande 15-22 en verloor teen Kaapse Metropool A 15-53.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.