Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Weskus rol vir goud

Weskus se rolbalspanne het die afgelope naweek hul stempel op die jaarlikse Envar Buys-rolbaltoernooi vir o.20- en o.15-spelers in Worcester afgedruk.

Die kompetisie val onder WP Rolbal, wat ook die gasheer was, en het spanne van die Westelike Provinsie, Eden (Suid-Kaap), Sentraal-Karoo, Wynland, Overberg en Weskus gelok.

Sommer uit die staanspoor het Weskus se o.15A- en o.20-spanne uitstekende rolbal gespeel om deurgaans onder die voorlopers te wees.

Boonop is net een van Weskus se spelers in die o.20-span ouer as 15.

Albei spanne het welverdiend gekwalifiseer om in die eindstryd te speel.

Die o.15A-span het sy finale wedstryd net-net verloor en is met ’n silwermedalje beloon.

Die o.20-span het hom nie laat onderkry deur die geweldige druk nie en soos ware kampioene die goue medalje verower.

Almal was dit eens dat dit uitstekend gedoen is.

Die o.15B-span het hul harte uit gespeel, maar ongelukkig nie die eindstryd bereik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.