Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Weskus skop medaljes los

Weskus-skopboks (WS) se lede het van Vrydag 26 April tot Sondag 28 April altesaam 25 medaljes by die SA kampioenskap in Oudtshoorn verower.

Volgens Hendrik Pienaar, die hoofafrigter, het omtrent 16 ander beste provinsiale spanne deelgeneem.

’n Senior span gaan nou gekies word om in September in Turkye te gaan deelneem.

“Die Weskus het ’n span van 42 studente geneem, wat ook afrigters en skeidsregters ingesluit het,” het Pienaar gesê.

“Die Weskusspan het nege goue, sewe silwer- en nege bronsmedaljes gewen. Die nasionale en presidentspan sal later bekend gemaak word.”

WS het omtrent sewe klubs in die streek waaronder Mfa, Langebaan Combat Jiu-Jutsu (CJA) en Vredenburg Dojo.

Pienaar het gesê hy is baie tevrede met die uitslag en het elke afrigter en ouer vir hul ondersteuning bedank.

“Ongelukkig sukkel ons met borge, want studente en afrigters moet self betaal om oorsee te gaan en sommige studente kan nie die toer bekostig nie.”

Belangstellendes kan Pienaar by 082 509 0854 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.