Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Weskus trots op tuisspan

Vredenburg het Saterdag in sy laaste Weskus-streekwedstryd ’n goeie weg-oorwinning van 45-30 oor Velddrif behaal.

Die Burg Boys, wat later die maand saam met Saldanha die Weskus in die Top12-reeks sal verteenwoordig, se selfvertroue het beslis ’n hupstoot met dié oorwinning gekry.

Vredenburg, wat die regte tempera­ment vir die groot oomblik het (BMT), sal beslis, saam met Saldanha, die Weskus-vlag laat wapper.

Saldanha, wat dié jaar sy 25ste bestaansjaar vier, sal die Boland-kroon by die geleentheid wil voer en is tans een van die gunstelinge om die titel te wen.

Die span het Saterdag op sy tuisveld die besoekers uit Koringberg met 65-7 afgeransel en pak Grabouw die naweek in nog ’n vriendskaplike wedstryd.. Saldanha het in 2015 teen Roses in die kwarteindstryd vasgeval en het die volgende jaar in die eindstryd teen Hawston vasgeval.

Saldanha sal gefokus moet bly en hoop die nagmerrie van die eindstryd van 2016 herhaal homself nie, toe die span in die laaste minuut vasgeval het.

Die trots van die Weskus het ook verlede jaar die topvier in die Boland gehaal, maar Roses van Wellington het die span se weg na oorwinning gestop. Saldanha het met sy ligaverpligtinge gewys dat hy eenvoudig geen gelyke in die streek het nie. Dié span het die liga onoorwonne afgesluit.

Die tuiste vir die halfeindstryd en eindstryd is tans nog in die weegskaal nadat die Boland-rugbyunie op ’n vergadering met klubs op 29 Augustus nie kon besluit tussen Stellenbosch of Worcester nie.

Stellenbosch het die meerderheid stemme gekry vanweë laer vervoerkoste, maar ’n finale besluit sal binnekort geneem word sodra die unie ’n kostebepaling gedoen het.

Die besluit om wedstryde te skuif kom nadat die Drakenstein-munisipaliteit besluit het die tuiste van Boland-rugby, die Bolandrugbystadion, is onveilig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.