Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Aan sy beperkings herinner

Antjie Somers, ek het gedog al die swaeltjies is weg vir die winter. Jou kritiek op my “epistel” wat nie die doel bereik het nie – ek lag maar net soos Zuma; ek het niks gedoen nie.

Die skrywer is bekommerd oor onsamehangendheid. Wel, op 80+ tel ek darem nog my voete op as my wederhelf voor die bank vee.

Hierdie is persoonlik aan jou gerig.

Een oggend vroeg op die plaas kom ek van buite in, sien ’n waggelende kersie in die donker gang af. Niggie het ’n vriendin saamgebring vir die vakansie.

Neem haar van agter vas, die kersie val, sy gil nie en sê net toepaslik “huh”.

Daardie aand voor die Agastoof met koffie en beskuit beloof ons ewigdurende liefde aan mekaar. Dit was nou ’n Engelse boerenooi duisend. Haar pa was nou wel ’n Sap, maar ’n goeie Sap van ’n gentleman – sir De Villiers Graaff se soort. Met my verplasing as staatsamptenaar het ons jeugliefde nie die afstand oorleef nie.

Met verwysing na die bande – GoodYear en Goodrich – was beeldspraak vir voertuie waarmee ek 70 jaar gelede gery het ’n tydperk van ongekende voorspoed. Die buiteland het tou gestaan vir beleggings. Jood, Moor en Mohammedaan het uit alle windrigtings gekom, vandaar vandag se reënboognasie.

Ek is by my dokter se spreekkamer vir chroniese medikasie wat ek sal moet weggooi – ek lewe nou te lank en my spaargeld is by zero. Maar die glimlagte agter die toonbank is so verwelkomend.

Het gedink jy is mislik, maar jy is nie. Jy het my net aan my beperkings herinner – my onsamehangendheid.

Charles Hamman,
Velddrif
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.