Lig die verbod op drank, verhoog die aksyns daarop en gebruik hierdie geld om te help om entstowwe aan te koop en die honger te verlig.
Teen Mei het die slim mense reeds beraam sowat R1,7 miljard se aksyns is “verlore” weens die verbod op drank en sigarette.
Vir baie klink dit soos ’n logiese plan, maar in Suid-Afrika is dit nie so eenvoudig nie.
Drank, of die misbruik daarvan, is ons probleem.
In die tydperk April 2019 tot Junie 2020 het kontakmisdrywe – wat moord, aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer – in Vredenburg en Saldanha met onderskeidelik 48,6% en 54,6% gedaal.
Die polisie het die afname aan die inperkingstyd en die aandklokreël toegeskryf. Hulle meen ook drank het voorheen ’n groot rol in misdaad gespeel, maar die uitwerking van die algehele verbod op alkohol kan duidelik in die misdaadstatistieke gesien word.
Dit is meer onlangs met die huidige verbod in die feestyd bewys.
Statistieke toon dat die verbod druk op hospitale verlig het, wat beteken pasiënte met Covid-19 kon beter gehelp word.
Dis tyd dat rolspelers na die tafel kom en daar daadwerklike planne gemaak word om die misbruik van drank te bestry.