Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Apteek verloor klant

Toe ek ’n maand gelede by die apteek instap, vra ek of hulle my mag help met antibiotika wat gewoonlik met ’n doktersvoorskrif gegee kan word.

Die vrou sê toe ek mag en oorhandig ’n pakkie aan my met die pille. Ek kon toe R17 of R23 betaal. Ek kon nie my geluk glo nie. Toe ek vanoggend met dieselfde probleem instap, vra ek vir die vrou of sy weer vir my die antibiotika kan gee. Toe kos dit R45. Ek dog toe dis die verkeerde pille, want ek weet daar is generiese pille wat goedkoper is. ’n Kollega begin hard praat en sê die prys wat ek kwoteer, is onder kosprys en hulle doen my ’n guns, ek kan nou maar dokter toe gaan en R350 betaal vir ’n voorskrif. Hy was sarkasties – ek was so verneder. Ek sal nie weer my voete in daardie apteek sit nie, ek ry liewer na Vredenburg.

Douline le Roux,
velddrif
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.