Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Bak Kerskoekies vir jou geliefdes

Met die fees- en vakansietyd wat op ons drumpel is, is dit die geskikte geleentheid om te begin bak en brou.

Vir talle is koekies – nie net vir hul eie koekblikke nie, maar ook as geskenke – eerste op hul prioriteitslys.

Hier is ’n paar lekker koekieresepte om van te kies en te keur asook om jou geliefdes mee te bederf.

Gemmerbroodmannetjies:(Sowat 50 klein mannetjies met ’n uitdrukker van 5x5 cm)• 125 g (135 ml) botter• 100 g (125 ml) bruinsuiker• 1 eiergeel• 350 g (625 ml) koekmeel• 5 ml koeksoda• 15 ml fyn gemmer• 40 ml gouestroop

Verhit oond tot 180 ºC. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Room botter en bruinsuiker goed saam tot lig en romerig. Voeg eiergeel by en klits goed. Sif koekmeel, koeksoda en gemmer saam. Voeg droë bestanddele en stroop geleidelik by bottermengsel.

Meng goed ná elke byvoeging. Knie mengsel goed op werkoppervlak.

Rol deeg uit tussen twee lae waspapier tot ongeveer 3 mm dik. Druk uit met ’n mannetjie-uitdrukker.

Plaas koekies op die uitgevoerde bakplaat en bak vir 10 minute. As hulle afgekoel het, versier met versiersel.

Sjokoladeskyfiekoekies:• 1 koppie sagte gesoute botter • 1 koppie witsuiker• 1 koppie ligbruinsuiker • 2 teelepels vanielje-ekstrak• 2 groot eiers• 3 koppies bruismeel • 1 teelepel koeksoda• ½ teelepel bakpoeier• 1 teelepel sout• 2 koppies sjokoladestukkies (of gekapte sjokolade)

Verhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.

Meng die meel, koeksoda, sout en bakpoeier saam in ’n bak. In nog ’n bak, room die botter en suiker saam. Klits dan die eiers en vanielje by die bottermengel tot donsig.

Meng dan die droë bestanddele by en meng goed.

Voeg dan sjokoladestukkies by en meng goed.

Maak dan bolletjies van groot opgehoopte eetlepels deeg en rol elkeen tot mooi balletjie tussen jou hande. Plaas eweredig en uitmekaar (die koekies raak plat, dus moet hulle ver genoeg van mekaar wees om nie aan mekaar te raak nie) op die bakplaat.

Bak in die voorverhitte oond vir ongeveer 8-10 minute. Hulle moet steeds baie ligbruin wees en taai.

Laat hulle twee minute op die bakpan voordat hulle op ’n afkoelrak geplaas word.

Outydse soetkoekies:3 koppies koekmeel½ t koeksoda1 t fyn gemmer½ t fyn pypkaneel½ t neutmuskaat½ t fyn naeltjies½ t kremetart1 koppie botter (of margarien)2 groot eiers1 koppie witsuikerknypie sout

Klop botter en suiker saam tot glad. Voeg dan eiers een vir een by en meng goed.

Sif meel, kremetart, koeksoda, speserye en sout saam. Meng goed by bottermengsel om deeg te vorm.Rus deeg oornag in yskas.Voorverhit oond tot 200 ºC.Rol die deeg dun uit en druk vormpies uit. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir so 10 minute – tot goudbruin – pasop vir brand. As hulle afgekoel het, versier met versiersel.Grondboontjiebotterkoekies3 koppies bruismeel 1 teelepel bakpoeier1 teelepel koeksoda¼ teelepel sout1 koppie bruinsuiker½ koppie witsuiker2 groot eiers, by kamertemperatuur1 koppie botter, by kamertemperatuur1 koppie romerige grondboontjiebotter2 teelepels vanielje-ekstrak

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer twee koekiepanne uit met bakpapier.

Klits meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot mengbak totdat dit goed gemeng is. Hou dit eenkant.

Klits grondboontjiebotter, botter en albei suikers in ’n aparte mengbak tot dit romerig en glad is. Voeg eiers een vir een by tot goed gemeng. Klits vanielje in.

Begin dan stadig om droë bestanddele by nat bestanddele in te werk totdat die deeg bymekaarkom. Maak seker dat alle bestanddele goed gemeng is om mooi stywe deeg te vorm.

Rol deeg in 2½ cm balletjies. Plaas op bakplaat. Gebruik ’n vurk se tande en vorm ’n kruispatroon bo-op die balletjies. Plaas in oond en bak 8-10 minute of tot goudbruin. Haal uit die oond en laat dit afkoel vir ’n paar minute voordat dit na ’n draadrak oorgedra word om heeltemal af te koel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.