Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Beurtkrag: ‘Ons is ín die ramp’

Beurtkrag is hier om te bly.

Volgens Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sal dit minstens nog twee jaar Suid-Afrikaners se voorland wees.

Ondernemings verloor duisende rande elke uur as daar geen elektrisiteit is nie. ’n Mens kan net dink aan die implikasies vir kleiner ondernemings. Huishoudings is ook nie gevrywaar van die uitwerking van beurtkrag nie; toestelle raak onklaar en met dié dat beurtkrag ook nou nagtelike ure plaasvind, is ons meer kwesbaar as ooit vir misdadigers.

Om Gordhan se woorde te eggo: “Ons is nie op pad na ’n ramp nie; ons is ín die ramp.”

Ongelukkig het ons geen beheer oor Eskom nie – sommige meen hul kruisie by die stembus sal die verskil maak. Net tyd sal kan sê. Logika sê met beter bestuur sal Eskom weer kan operate soos dit moet. Logika sê ook om ’n ramp van “epidermiese proporsies” (om Oom Oubaas van 7de Laan-faam aan te haal), te oorkom, sal en kan nie oornag gebeur nie.

Een ding is seker, die regering sal moet begin kyk na alternatiewe energiebronne. Hernubare energie dalk? Brian Dames, uitvoerende hoof van African Rainbow Energy and Power, het in Julie by die Brics-energieforum gesê die skuif na hernubare energie sal ’n invloed hê op die politieke sfeer in baie lande, veral die lidlande van Brics, omdat die behoefte na vaardighede en arbeid sal verander.

“Die vraag moet gevra word: Wat maak jy met die werkers en verbruikers, die mense wat die meeste stemgeregtigdes in die wêreld uitmaak? Hoe leer jy nuwe vaardighede? Hoe vind ons nuwe werkgeleenthede?” - Red.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.