Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Daar is verskillende soorte vroue, maar wees lief vir almal

Vroue is ongelooflik. Hulle bring ’n seker ambiance na enige situasie en kan enige atmosfeer bykans in ’n oogwink verander – ten beste óf ten slegste, natuurlik. Maar een ding is seker, vroue is spesiaal.

Volgens wetenskaplikes is daar vyf verskillende soorte vroue in die wêreld. Dit kwalifiseer my seker as ’n kenner van vroue (dit beteken nie ek verstaan hulle aldag nie), ek het per slot van sake met vyf susters, ’n paar niggies en kleinniggies grootgeword en natuurlik ’n ma ook. Ek is ook elke dag deur vroue omring, inteendeel, ek is vandag nog die enigste man in ons kantoor. En ek kan met eerlikheid sê daardie vyf persoonlikhede is duidelik sigbaar onder hulle.

Die eerste soort is die girly-girl – dis die tipiese pienkrokkie-, chickfliek-, mooigoed-vrou. Sy is ook gewoonlik baie skeppend. Die tweede soort volgens kenners is die vrou wat op haar loopbaan fokus – hierdie vrou is gefokus op haar sukses en bring baie ure by die werk deur, hulle is hardwerkend, ambisieus en onafhanklik.

Vrou nommer drie is die godin van die huishouding of huisvrou – hierdie vrou is gewoonlik ’n ma, het moeder­like instinkte en kan amper enigiets kook, haar breekgoed en haar Tupper­ware is vir haar heilig. Haar huis is altyd skoon en sy skel oor die brood­krummels wat op die tafel gaan lê as jy net ’n stukkie brood vra. Maar sy ontferm haar altyd oor almal.

Die vierde soort vrou is die drama queen (ons almal ken ten minste een só ’n persoon) – dit is die soort vrou wat ’n berg van ’n molshoop maak. Sy hou van ’n lekker storie en alles is gewoonlik in haar oë erger as wat dit is. Sy praat ook sonder ophou, jy weet daai Facebook-, Twitter- en Instagram- tipe.

En laaste die vrou wat deur mans­vriende omring is – sy het gewoonlik meer, of in sekere gevalle, nét mansvriende omdat sy glo vroue is jaloers op haar en hulle kom nie goed oor die weg nie. Sy is altyd omring van haar mansvriende en haar mans­vriende is altyd in die friend-zone.

Vir my eie veiligheid sal ek maar myself weerhou om te sê watter soort vroue my susters of die vroue in my lewe is.

As ’n man wat daagliks omring word deur vroue leer ek baie van vroue. Vroue is sterk. Vroue het waagmoed. Vroue het deursettingsvermoë en wanneer hulle vasbeslote is, kan niks hulle keer nie. Vroue is hardwerkend en ontferm hulle oor ander. Vroue is liefdevol en koester hul geliefdes.

Maar vroue is ook kwesbaar en word ook bang. Vroue raak moeg en wil ook soms opgee. Vroue het ook liefde nodig en moet ook gekoester word. Vroue verdien respek en moet ook bederf word. ’n Vrou is spesiaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.