Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Dankie vir uitstekende diens ná ongeluk en hartseer

Ek was sedert die sestigerjare die trotse eienaar van 22 voertuie vir persoonlike gebruik.

Ek het in 2007 ’n uitbetaling van ’n polis ontvang en ek en my wederhelf besluit om die eerste keer in ons lewe ’n splinternuwe motor aan te skaf. Ná vele gebede en besprekings besluit ons op ’n Volkswagen Citi Golf.

Aangesien lewenskoste daagliks styg en ons besef dit is moontlik ons laaste voertuig, sien ons goed daarna om. Vrydag 29 Junie, op pad terug van Kaapstad af, ry iemand agter in my motor vas – R14 000 skade. Nodeloos om te sê, hier staan ek alleen langs die pad – baie hartseer en ongelukkig en met niemand om my te bemoedig nie, want my ou staatmaker van bykans 52 jaar is intussen in April oorlede. Ons het immers ewe hard gespaar om dit moontlik te maak.

Ek het die voertuig vir ’n kwotasie geneem. Ek wil langs hierdie weg baie dankie sê aan PSG Versekering en Wes-Kaap Bakwerke vir hul vriendelike dog professionele diens. Ek het my motor teruggekry en dit lyk weer soos ’n nuwe.

Nogmaals baie dankie aan die bestuur en personeel. Ek kan julle regtig aanbeveel aan elke voornemende kliënt.

Ek het selfs foto’s ontvang namate die werk gevorder het. Uitstekend! Alle eer aan die Skepper wat sulke mense met wonderlike talente geskape het.

Stoffel Hough,
Vredenburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.