Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Die vrees van vrou wees

Vrouemaand is weer hier en die optogte, byeenkomste en vierings vind die hele maand plaas, maar soms wonder ’n mens of dié geleenthede werklik help.

Almal stem saam en sê: “Dit ís verkeerd om vroue en jong meisies leed aan te doen.” Maar waarom sien ons nog dag ná dag die wreed­heid wat aan ons susters, ma’s, tannies en vriendinne gedoen word?

Verkragting en fisieke geweld is gewoonlik in die kollig. Wenke word gedeel en vroue en meisies word gewaarsku om nie hulself in onveilige situasies te plaas nie, maar dit is nie werklik waar die probleem lê nie.

Die probleem lê by die mans, en soms self vroue, wat die skoner geslag aanrand, mishandel of selfs vermoor.

Daar word gevra waarom sy gebly het, waarom kon sy dit nie sien nie, ander het dan . . .

Daar moet weggedoen word met die idee dat slagoffers deel van die skuld moet dra in sulke gevalle.

Dit is dan verstaanbaar as slagoffers nie na vore wil kom nie.

’n Skokkende studie wat deur Sonke gedoen word, gee ’n blik in die psige van mans in Suid-Afrika. By werksessies van Sonke CHANGE vertel mans openlik dat dronk vroue in kort rokkies “vra” om verkrag te word. Hulle sien glo niks fout om eenvoudig te “vat” wat hulle wil hê nie. En hier lê die probleem: Fokus liewer op die feit dat sulke gevalle in die eerste plek nie moet voorkom nie.

Vrouemaand moet liewer fokus op die mans se gedrag om sodoende die vrees aan te pak waarin vroue daagliks leef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.