Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Gun almal plek in die son

As ’n vriendin iets goeds te sê het oor iemand anders se Kersfees-koekstruif, beteken dit nie dat jou koekstruif sleg smaak nie.

As iemand anders iets kry wat jy graag eerder wou hê, wens hom geluk, want jou beurt sal kom.

Dit was ’n moeilike jaar. Kom ons sê eerder hierdie Kersfees dankie vir die seëninge wat ons steeds het, want 2020 het ons geleer dat die lewe kort is. En kom ons wees mededeelsaam met ons kos, besittings, vriendelikheid en liefde. Dis tog Kersfees!

Baie van ons lesers voel dalk te na gekom deur die regering, die onregverdige lewe, werkgewers wat nie bonusse vanjaar kan bekostig nie, of selfs dat vriende en familie hul goedheid misbruik.

Maar wees versigtig vir die seer in jou hart.

Gun vir jou medemens ook ’n plekkie in die son. Wees deeglik daarvan bewus dat nie net jy alleen ’n moeilike jaar gehad het nie.

Elke huis het sy kruis. Agter elke paar menslike oë is daar wroeginge, seer en kommer waarvan jy nie noodwendig weet nie. Wees daarom bedagsaam. Kom ons help mekaar op ons paaie en in openbare plekke. Onthou om die handreiniger by die winkelsentrums te gebruik wanneer jy ingaan. Baie mense let nie meer daarna op nie en stap net eenvoudig in. Dra te alle tye jou gesigmasker. En gee liefs maar aan oom Cyril en kie se reëls gehoor, al irriteer die spulletjie jou al teen dié tyd, al glo jy nie meer aan Covid-19 nie, al is jy ’n aanhanger van al die samesweringsteorieë.

Waarom? Want dit gaan nie net oor jou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.