Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Inkommer of Weskusklong?

Hy was nog op skool en ek het al my brood hier verdien, maar ná 20 jaar aan die weskus het PvZ my eendag ’n “inkommer” genoem.

Vandag, meer as 50 jaar nadat ek hier aangekom het, raak ek al meer bewus van die verskil tussen die “inkommers” en die “Weskussers”.

Ek eet Kentucky-hoender, en dis nie mishandeling omdat daardie hoenders nog nooit die son sien opkom of iemand wakker gekraai nie. Of is dit? Of hang dit af wie jy is, waar jy vandaan kom, waar jy woon?

In Spanje word bulle doodgemaak en sterf ’n stadige dood met ’n swaard in die skof en dit juig. In China word honde lewendig geslag. In Suid-Afrika word ’n swart bul deur sterk jong manne sonder wapens doodgemaak. Dis kultuur en daar’s ’n fees. Boere vang jakkalse in slagysters. Die diere het nie ’n kat se kans nie en sonder om naar te raak, dink maar hoeveel maniere is daar om ’n bees met jou kaal hande dood te maak, of hoe lank sit die jakkals voordat die genadeskoot hom verlos.

Wat van kreef- en mosselgeregte? Sal jy ’n mossel eet wat nie in ’n kokende pot oopmaak of ’n kreef wat nie in die pot skop nie? Of troos jy jou ook met die ou Weskusgrappie: Die kreef is al gewoond daaraan?

My ou buurman, vir wie ek baie lief was, wat nie ’n vlieg sou skade doen nie en sy lewe verdien het deur harders in die Baai te trek toe daar nog was, het eendag van sy voorstoep af na ’n rob geskiet. Die skoot het nog geëggo toe is die polisie voor sy deur. Hy het met ’n windbuks na ’n rob doer anderkant die eilandjies geskiet. Hy kon nie die rob raakskiet nie, al wou hy, maar dit was uit magtelose frustrasie. Het jy al kreef van ’n bootjie af gevang? Jy mag nie ondermaat kreef wal toe bring nie, maar as jy daardie krefie teruggooi, haal hy skaars die water voor robbe hom verorber.

Ek weet nie wie die jongmanne was nie – ek ken hulle nie; weet nie wie hul ouers is of waar hulle vandaan kom nie. Ek het ook nie die video gesien nie en ken nie eens die verskil tussen ’n mannetjie-, wyfie- of babarob nie. Maar ek weet dít – as hy ’n Weskusklong is, sal hy nie verstaan nie.

(In hierdie land van ons moet jy dink wat en hoe jy iets sê. Ek is 80 jaar oud en kan nie meer afgedank word nie, maar dis geen waarborg dat my bek my nie kan laat slae kry nie. Daarom wil ek soos ons hedendaagse media polities-korrek wees en beklemtoon dat die inhoud nie die weerspieëling is van my politieke, Christelike of rasverwante siening nie, en as ons verskil, ek om vergifnis smeek en erken dat ek nie gekwalifiseerd is om enige mening te huldig nie.)

Deon Hitchcock,
Saldanha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.