Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Is daar hoop vir ons?

Dasloos. Kerkloos. Werkloos. Moederloos. Weerloos.

Hier volg ’n paar van my gedagtes oor die moderne samelewing, die stand van ons land en die wêreld. Is daar hoop?

- Ai, ons teenstrydige Weskus-gemeenskap. Die visstank voorsien oorlewing. Diegene wat teen die stank bly neuk, gaan tog terug van waar julle kom.

- My kat en ek staan by die venster van my huis in Velddrif as die wind reg waai.

Die uitsig mooi, eufories en magic, ons erfenis wat geen eksekuteur kan beredder nie.

- In die breër samelewing styg lofsange na bowe, vir ’n goue gans wat effektief nek omgedraai is. Leierloos, soos tans voorkom en op twee stoele. Daar is ’n negatiewe gesindheid, ons is moederloos.

- Dit blyk die mens se lewe is minder werd as ’n mossie. Daar is soveel honger kinders en wreedheid sonder perke.

- Waar is Lisa se klavier? Almal is stil soos muise in hul huise, bang vir hardop asemhaal.

- En ek wonder hoe het die groot Romeinse ryk tot niet gegaan? Dink gou aan gladiators wat ’n reuse skare in die arena vermaak, terwyl Rome in die agtergrond brand.

- Ek het simpatie met Rassie. Peter bevind hom op straat met sy span in die vreemde.

Frik en Naas was “ons trots en glorie”. Hulle was “netjies manne” maar sal nooit weer wees nie. Neem tog weg die ou Springbok met sy groen en goed.

- Jan van Riebeeck kyk onlangs met verbasing af na mense wat hy 300 jaar gelede gesien het, wat neffens hom vuurmaak. Hulle kom eis hul pond vleis. En Waarom nie? Hoekom word hulle afgeskeep? En ja, ons vereer Krotoa met die Kaapstadse lughawe. Ek stem hiermee saam. Ná 1806 was die Kaap nie meer Hollands nie. ’n Stryd van storm en drang het aangebreek, tot bo in die noorde.

- Dr. Livingston het die byenes oopgekrap na aanleiding van die “scramble for Africa”.

Het hy maar liewers soos oorlede Oupa gesê toe ons verdwaal. Het ek maar liewers met my gat by die huis gebly.

- Met baie ondervindinge wat ek, die skrywer ervaar het in die noorde, is ek baie positief, maar nie teenoor die miskien nuwe president nie. Ek kan verseker die groot bevolking is die kaliber van Moeletsi Mbeki. Ons almal in Suid-Afrika is die swart, wit en bruin klawers op die klavier. Maar is daar harmonie?

Dasloos en waardeloos. Ek eindig hiermee: die osoon verklein teen ’n geweldige tempo. As die gewelf toemaak, is daar geen uitlaat meer vir die skadelike gasse nie. Ons versmoor onder die kombers. Dis nou as ons nie onder die stygende watervlak verdwyn het nie - soos meermanne en meerminne. Is dit dan nie waar ons oorspronklik vandaan gekom het nie? Hoekom anders is ons só lief vir water? Almal wil mos ’n huisie by die see hê. Groete aan Antjie Somers.

Charles Hamman,
Velddrif
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.