Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Jeug moet hoër mik

Snoektyd in die Weskus is ’n belewenis.

Bolandse dorpe het parstyd. Snoektyd is die Weskus se eweknie.

Die aantal Weskussers wat jaarliks hul brood en botter uit die see kry, word minder en minder.

Baie jongmense, selfs diegene wat uit gesoute vissersgesinne kom, besef deesdae dat die lewe op die see nie meer is wat dit destyds was nie. Dit is ’n moeilike lewe met baie min sekerheid.

En tog, wanneer dit goed gaan in die visbedryf, gaan dit goed met die Weskus.

Op geen ander plek sal jy werkers met sulke vinnige hande vind wat jaar ná jaar die vis vlek nie.

Die Weskus het ’n groot behoefte aan alternatiewe beroepsgeleenthede vir sy jeug. Dankie aan ieder en elk wat reeds besig is met die skep van werk in die toerismebedryf en opleidingsgeleenthede by nywerhede.

Maar nog meer belangrik is die werk om kinders te help om hulself na waarde te skat en hulle te help besef dat hulle bo hul omstandighede kan uitstyg. Hulle hoef nie vis te vang nie, hulle kan ’n dokter word, vlieënier, ’n prokureur of selfs ’n astrofisikus.

’n Onderwyser wat by ’n skool in ’n plaaslike vissersgemeenskap werk, vertel die anderdag dat hy dit hartseer vind dat die leerders se grootste begeerte is om eendag ’n skoonmaker in ’n visfabriek te word. En as dit nie uitwerk nie, wil hulle ’n klomp kinders hê en van staatsubsidies leef.

Hierdie onderwyser is juis een van die blink sterre aan die Weskus wat sy bes probeer om deur inisiatiewe die jeug te bemagtig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.