Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Marmite-tert met gekerfde biltong

Marmite-tert is ’n ou gunsteling. Hier word dit afgerond met gekerfde biltong; dis ideaal vir ’n teeparty.

Bestanddele

100 g botter, teen kamertemperatuur

125 ml (½ k) suiker

2 eiers

80 ml melk

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout

125 ml (½ k) gerasperde cheddar

BOLAAG

30 ml (2 e) botter, teen kamertemperatuur

10 ml (2 t) Marmite of Bovril vir afronding

ekstra gerasperde cheddar

150 g gekerfde nat biltong

15 ml (1 e) biltongpoeier

5 ml (1 t) koljandersaadjies, gerooster en grofgemaal

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n pan van 29 x 23 cm goed met kossproei. Klits die botter en suiker in ’n mengbak met ’n elektriese handklitser tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy aanhoudend klits. Giet die melk by en klits. Sif die meel, bakpoeier en sout oor die mengsel en klits tot net gemeng.

Voeg die kaas by en meng liggies deur. Giet die beslag in die bereide oondpan en bak 20 min. in die verhitte oond of tot goudbruin en tot ’n toetspennetjie skoon uit die middel van die tert kom. Bolaag: Meng die botter en Marmite of Bovril goed en smeer oor die tert sodra dit uit die oond kom. Vir afronding: Sprinkel die kaas oor die tert en bak nog 5 min. tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die biltongskyfies en -­poeier en koljandersaadjies, indien gebruik, ruimskoots oor die tert. Laat die tert afkoel – 15-20 minute – en sny in blokke.. Wen ’n kopie van die resepteboek Smulkos deur Esther Malan. SMS die woord “RESEP” en die antwoord op die volgende vraag: Noem 1 resep wat in die boek gevind kan word na 33673. SMS’e kos R1,50.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.