Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
‘Munisipaliteit moet plan maak met leeglêers’

Inwoners van Hopefield loop gereeld deur onder rondlopers wat hul langs die vullisterrein tuisgemaak het.

Die polisie en wetstoepassers besoek die terrein gereeld en breek dan die tydelike skuilings af wanneer inwoners klagtes indien.

Hierdie leeglêers besteel inwoners op ’n daaglikse grondslag, en ons is nou keelvol daarvoor.

Hulle het in die verlede die Hopefield-stasiegebou ook beset. Die leeglêers is daar uitgesit en inwoners het die gebou self opgeknap. Die gemeenskap poog nou om die gebou te beveilig deur gereelde patrollies daar te doen.

Aangesien die leeglêers meestal op munisipale eiendom onwettig plak, voel die inwoners van Hopefield dat hierdie aangeleentheid die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) se verantwoordelikheid is. Ons versoek dus dat die SBM drastiese stappe doen om hierdie ongewenste elemente uit ons dorp te verwyder, alvorens die probleem handuit ruk.

Inwoners voel ook onveilig om die vullisterrein te besoek, aangesien die leeglêers bedags daar rondhang en ’n oorlas van hulself maak.

Ons spreek die hoop uit dat die SBM spoedig aandag aan die probleem sal gee. Ons het hierdie brief ook aan die betrokke departement van die SBM gestuur.

Lizelle Strydom,
Hopefield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.