Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Nare dinge is nie nuut nie, dit gebeur al baie jare

Na aanleiding van al die treurmares oor Weslander se voorbladstorie, kan ek die volgende ware skokkende storie vertel.

Ek het in die jare sestig onderwys by ’n goeie Afrikaanse hoërskool in Durban gegee.

’n Graad 11-leerder was soms baie aggressief sowel as hartseer en bitter ongelukkig in die klas. Ek het eendag ná skool met haar privaat gesels. Tot my skok het sy my vertel dat sy en haar suster by hul pa woon. Hul ma is dood toe hulle klein was.

Haar volgende woorde aan my was bitter hartseer en skokkend: “Juffrou, wéét u hoe dit voel om te sien hoe jou pa seks met ons hond het?” Die pa was nie ’n dwelmverslaafde nie. Hierdie nare dinge gebeur al baie jare, maar daar is nooit openlik daaroor gepraat nie. Dit wil voorkom of heelwat lesers ook graag die Son lekker skelm lees, want heelwat lesers maak melding van die Son.

Of ’n weerlose dier of klein babatjie verkrag word, dit is ewe skokkend.

Patat Oosthuizen,
Durban
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.