Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Omgeemense van Laaiplek

Dit is vir ons moeilik om te sien hoe arm Weskus-mense se kos uit hul mond geneem word – en dit nogal deur ’n inspekteur van die departement seevisserye.

Ons sien elke dag armoede in die Weskus. Ons sien ook toeriste en arm Weskus-mense met ’n geldige gooinetpermit wat ’n paar vissies vir die pan vang.

Ai, dan kom die inspekteur – blykbaar ene “Pit Bull”, soos ons hoor, en neem die vissies by hulle af.

Boonop word ’n boete van R1 000 uitgeskryf.

Ons weet dat die Weskus maar baie arm is, maar die hele land praat van die Weskus-mense se vriendelikheid en gasvryheid.

Dan kom een mens en maak dit tot niet.

Waarom word die swakkes geteiken? Hoekom doen jy nie jou werk en slaan toe op die kreefsmokkelaars en perlemoenstropers nie?

Of is jy te lafhartig?

Ons vra dat jy ons mense in die Weslander antwoord.

Geen mens kan vis met ’n uitgooinet uitroei nie.

En kan jy eers sê of jy ook viskoekies met die afval gemaak en dit geniet het?

Ek hoop jy kry skaam, of het jy geen skaamte nie?

Moenie vir ons sê jy doen net jou werk volgens die regulasies nie, want ons sal jou nie glo nie.

J. Viviers,
Laaiplek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.