Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Paasfees-resep: Ingelegde kerrievis

Paasfees is om die draai en kerrievis is die ideale gereg vir Goeie Vrydag. Hierdie resep is perfek wanneer dit ’n paar dae voor die tyd gemaak word.

Bestanddele:

• geelbek, kabeljou, koningklip of enige ferm wit vis

• sout en peper

• 125 ml (½ k) suiker

• 45 ml (3 e) matige kerriepoeier

• 15 ml (1 e) borrie

• 20 ml (4 t) sout, of na smaak

• 2,5 ml (½ t) rooipeper (opsioneel)

• 750 ml (3 k) asyn

• 125 ml (½ k) water

• 4 middelslag-uie, in dun ringe gesny

• 6 gekneusde suurlemoen of lourierblare

Metode:

1. Berei die vis voor* en sny in mootjies.

2. Strooi sout en peper liggies oor.

3. Meng die suiker, kerriepoeier, borrie, 20 ml (4 t) sout, rooipeper (indien gebruik), asyn en water in ’n groot platboomkastrol (nie ’n yster- of aluminiumkastrol nie).

4. Voeg die uieringe en suurlemoenblare by en kook 20 tot 30 minute.

5. Sit die vismootjies versigtig in die mengsel sodat almal bedek is en kook nog 20 minute of tot vis goed gaar is. Skep af en toe van die kerriesous oor die vis en draai die mootjies om, indien nodig.

6. Pak die vis in lae in bottels of ’n erdebak en giet van die warm kerriemengsel oor elke laag sodat dit heeltemal bedek is.

Giet die res van die sous bo-oor en laat afkoel.

Verseël en bêre op ’n koel plek.

Die vis sal ná 2 of 3 dae geëet kan word.

Wenk

* Indien verkies, kan enige van die volgende speserye en geurmiddels na smaak bygevoeg word: heel koljandersade, swartpeperkorrels, heel wonderpeper, naeltjies, brandrissies of vars gemmer.

- Food24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.