Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Pad is nie ’n speelplek

Dis nou daardie tyd van die jaar wat ’n mens nie weet wat om aan te trek nie.

Vroegoggende is truiweer en teen die middag moet jy al die lae klere verwyder om te verhoed dat jy van hitte-uitputting dood neerslaan. As daar ’n paar druppels val, maak die plaaslike kettingwinkels heerlike sop, wat gewoonlik van die rak af vlieg.

Snaaks hoe mense se koppe werk. Dit moet reën voor die sop gemaak word. Mistige, yskoue weer sonder reën kwalifiseer nie.

Ek het al op koue dae hier by die werk vreeslik lus vir warm sop geraak en die winkels gebel, maar dan word vir my gesê “Mevrou, dit reën nie, daar’s nie sop nie”.

So gepraat van mis. Dis ook daardie tyd van die jaar wanneer digte mis soggens en saans motoriste se sig op die pad belemmer.

Die redaksiespan by Weslander kry weekliks te doen met dood op ons paaie. Ons praat met naasbestaandes en voel saam hul pyn. Dit het ons ’n groter bewustheid gegee van die groot werklike gevaar wat die pad inhou. Daarom, ons ervaring het gemaak dat ons groter respek vir die pad het wanneer ons agter die stuurwiel inskuif. Dit grens eintlik aan angstigheid, vrees.

Maar dis reg so. Elke motoris behoort so te voel wanneer hy of sy bestuur. ’n Gesonde skootjie vrees maak ’n mens paraat en wakker.

’n Ongeluk kan baie vinnig gebeur. En al ry jy verantwoordelik, is daar baie ander daar buite wat onverskillig ry. Wanneer jy ry, moet jy vir hierdie onverskilliges ook dink.

Die pad is niemand se speelplek nie.

Ry veilig en maak ’n slag jou eie sop – ek gaan, want wanneer reën dit dan weer?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.