Ek was op 5 Januarie by Sassa om heraansoek te doen vir my ongeskiktheidspensioen.
Hulle het ’n doktersdatum gegee vir 6 Januarie en ’n ander datum, 12 Januarie, om die vorms terug te bring. Toe ek op 12 Januarie om 05:00 by Sassa aankom, was reeds meer as 100 mense in die ry.
Ons is sonder ’n nuwe datum weggewys. Mense het daar geslaap. Sommige van die mense wat reeds die dokter gespreek het, is afhanklik van daardie geldjies vir oorlewing.
Wat staan ons te doen? Kan iemand lig op die saak werp? Ons het geen ander nommer waar ons Sassa kan kontak nie. Wat van die aandklokreël? Hoe kan mense voor 05:00 nog daar slaap ook, en ons wat gehoor gee, weggestuur word?
- Aletta Kleynnhans