Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Resessie: Geldsake knyp

Daar is Dinsdagmiddag aangekondig dat die bruto binnelandse produk (BBP) met 0,7% in die tweede kwartaal gekrimp het. Dit met die vorige kwartaal se aangepaste inkrimping van 2,6% beteken Suid-Afrika is tegnies in ’n resessie.

’n Tegniese resessie is wanneer die ekonomie twee opeenvolgende kwartale in­krimp. Die goeie nuus is: Die ekonomie het gegroei, die slegte nuus – dit het nie genoeg gegroei nie. Op ’n jaargrondslag het die ekonomie met sowat 0,4% gegroei; die mark het ’n groei van sowat 0,6% verwag.

Vir die eerste keer sedert 2016 het huishou­delike besteding afgeneem, dit wil sê Jan Alleman bestee minder aan vervoer, kos en niealkoholiese drank, klere en skoene en ontspanning. Die Burger berig Ian Watson, uitvoerende hoof van Debt Management, sê dit is al ’n geruime tyd duidelik dat Suid-Afrikaanse verbruikers onder druk is.

Hy voeg by die hoeveelheid mense wat sy onderneming nader om hulp met hul skuld het die afgelope maande met 30% toegeneem.

Indien jy nooit ’n begroting gehad het nie, sal dit beslis nou die tyd wees om boek en pen nader te trek om te beplan hoe elke sent uitgegee word.

Die ekonoom Dawie Roodt het die volgende wenke met Netwerk24 gedeel:
. Moenie onnodige uitgawes aangaan en skuld maak nie
. Beplan en beplan. Wees slim en beplan vir die toekoms
. Weet wat met jou geldsake aangaan
. Spaar vernuftig
. Verdien ekstra geld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.