Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Roekelose bestuurders hoort nie op die pad

Vrydag 8 Januarie ry ek rustig van Langebaan na my woning in Laguna Estate. By die Leentjiesklip-aansluiting steek ’n bakkie my verby en het dus ooglopend die stopteken verontagsaam.

Ek het die bakkie gevolg en dit het elke stopteken verontagsaam, nie eens spoed verminder nie – tot by die Mykonos-aansluiting; geen spoedvermindering nie.

Toe skielik draai die bakkie regs in by KFC. Ek weet nie of die bestuurder bang was dat KFC uitverkoop sou wees nie. Ek wou hom nie konfronteer nie, want ek is bejaard en as ’n man só aggressief bestuur, kan hy dalk ook fisiek aggressief wees.

Ek wil net vir daardie ou met die CR-nommerplaat sê: “Meneer, jy is ’n gevaar op die pad en moenie toegelaat word om ’n voertuig te bestuur nie. Myns insiens moet jy nie eens in besit van ’n rybewys wees nie!”

Haal jou frustrasies elders uit, en nie op die pad nie!

Besorgd,
Langebaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.