SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Stemme
Verwerp alle dwelms

Dwelms is sekerlik een van die grootste euwels van ons tyd.

Veral die “nuwe” dwelms soos metamfetamien, oftewel tik.

Tik die woord in Google in en jy sal sien hoewel dit hoofsaaklik as dwelmmiddel gebruik word, is dit ook al vir aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS, meer bekend as ADHD) en vetsug voorgeskryf.

Tik veroorsaak “tikmonsters”, ’n woord wat al meer in gemeenskappe bekend word.

Dit is nie baie menslik om na ander as “monsters” te verwys nie, maar ’n mens kan dit tog verstaan – ’n monster is immers ’n lelike, skrikwekkende wese. Die enigste verskil is tikverslaafdes is nie denkbeeldig nie en hulle is nie wesens nie, maar familielede – ons kinders; ons geliefdes.

Die misbruik van dwelms laat mense dinge doen wat nie eie aan hul aard is nie, anders, hoe verduidelik jy mense wat diere verkrag?

Dis altyd die mees kwesbares in die gemeenskap wat ly; vroue, kinders en nou ook diere. ’n Mens kan net bid dat bestialiteit nie ook ’n algemene verskynsel in ons reeds genadelose samelewing word nie.

Dwelmverslawing raak elkeen van ons op die een of ander manier – óf jy het ’n familielid wat verslaaf is óf jy word ’n slagoffer van misdaad as gevolg van dwelm- of alkoholverslawing.

Kom ons wys nie vinger oor wie se skuld dit is nie – ouers, skool, kerk, gemeenskap . . .

Kom ons span ons kragte saam en probeer die euwel uitwerp. Kom ons leer ons kinders as jy een keer tik of enige ander middel of drank gebruik, dit een keer te veel kan wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.