Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Vroue, jy kan dit sélf doen

Vroue doen dit vir hulself!

Die stories op bladsy 6 van hierdie week se koerant is ’n riem onder die hart as jy dink dat vroue self - letterlik - hand aan die ploeg slaan.

Daar is niks meer wat vroue terughou nie. Kyk maar vir Liebré Jacobs en Leandré Mitchley van onderskeidelik Piketberg en Malmesbury.

Dié jong vroue is besig om hul stempel as entrepreneurs af te druk: Leandré is ’n varkboer wat met twee varke begin boer het, wat vinnig tot 30 aangegroei het en deesdae boer sy met omtrent 200 varke.

Liebré is die mede-eienaar van FruitLips, ’n onderneming wat derdegraadse vrugte “toor” en verwerk tot konfyt en marmelade in haar konfytbedryf. Haar twee vennote is ook vroue: Elouise Josephs en Deidré Eigelaar.

Elke jaar gedurende Vrouemaand word klem gelê op geweld teen vroue; dit moet verminder word, daar is hulp vir slagoffers.

Hierdie kwessies is belangrik, want daar is steeds vroue wat ly onder die hand van hul hardhandige gades.

Dié vroue en ander se stories laat ’n mens egter besef dat daar ook geleenthede is vir vroue in die samelewing - dat daar tog hoop is.

Die koekbakker Gaironesa George van Louwville is net so ’n inspirerende vrou, wat weereens bewys as jy net jou talent gebruik om iemand anders spesiaal te laat voel of sy lewe te verbeter, sal die wêreld ’n beter plek word. Lees gerus die kort storie op bladsy 14.

Daar sal daadwerklik gekyk moet word na selfs meer entrepreneursgeleenthede vir vroue.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.