Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Weerspieëling van ’n streek

Soos verwag het verlede week se Weslander-voorblad baie gemengde reaksie ontlok.

Dit het ’n paar lesers só ontstel dat hulle moes bel om hul misnoeë uit te spreek, ’n paar het SMS’e gestuur en natuurlik was daar ook die Facebook-polisie. Lees gerus van die kommentaar in die In Kort-gedeelte.

’n Gemeenskapskoerant is ’n weerspieëling van die gemeenskap (streek) wat hy bedien. En daarmee in gedagte kan daar nie stilgebly word oor alkohol- en dwelmver­slawing, verkragting, moord of selfs bestialiteit nie.

Dis eintlik hartseer dat die verkragting van en moord op ons vroue en kinders nie dieselfde reaksie uitlok nie.

Die terugvoering wat die koerant ontvang het van die meeste klaagsters is dat die woord “verkrag” gepla het.

So het ons ook, toe die storie breek, oproepe van diereregte-organisasies ontvang wat wou weet of ons die guts gaan hê om die storie te dra.

Diere is ’n deel van ons samelewing en kan nie hulself verdedig nie. Nes dit die koerant se plig is om ’n stem te wees vir die kwesbares in die samelewing het ons ’n verantwoordelikheid om die diere se stories te vertel.

Sommige meen ons kon die storie op die binneblaaie gebruik het. Dalk, maar soms is die shock factor net die wekroep wat ons nodig het om oor te gaan tot aksie.

Welgedaan aan die ouers wat hierdie geleentheid gebruik het om hul kinders meer te leer oor die gevare van dwelms; diegene wat verduidelik het wat verkragting is en ook die tema van bestialiteit moes aanpak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.