Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Weskus vier so sy ryke erfenis

Sondag 24 September is nasionale Erfenisdag en word hierdie naweek landwyd ons land se unieke diverse kulturele erfenis gevier.

Te midde van al die swarigheid waardeur ons reeds vanjaar is met ’n resessie, protesoptredes, die Springbokke se vernederende verloor en die kommer oor wat die nagevolge van die voortslepende droogte kan inhou, is ’n bietjie joligheid hierdie langnaweek welkom – hou net matigheid voor oë.

Weskussers mag by tye moeilike mense wees, maar hul harte is dikwels ruim. Dit gee ’n warm gevoel om die hart dat die Sunflower-dag so goed ondersteun is vanjaar dat Pick n Pay se bandanas uitverkoop is, blykbaar ’n eerste plaaslik hier.

Dink ook maar net aan verlede jaar toe die gemeenskap blitsig ingespring het om seker te maak ’n plaaslike jeugrugbyspan se oorsese reis kan steeds gebeur. Of aan die ruim bydraes wat gelewer is toe Knysna en omgewing in die nood was weens die vernietigende brande daar.

Dié ruimhartigheid gaan verby ras- en klasgrense en is deel van die Weskus se besondere erfenis wat beslis verdien dat daar ’n tjoppie gebraai en ’n glasie geklink word.

’n Mens voel hierdie samehorigheid by die jaarlikse Weskus Erfenis Makietie, een van die suksesvolle jaarlikse geleenthede waar ALMAL saamkuier en mekaar se uniekheid vier.

Paternoster, ten spyte van rasgeskille in die verlede, kon verlede naweek saamstaan in ’n protesoptog teen misdaad en geweld.

Eendrag maak inderdaad mag (met almal gesien as gelyke burgers met gelyke regte).

Ons behoud vorentoe gaan juis daarin wees om saam te staan waar dit nodig is.

Dit kan wees om misdaad te help aanmeld en die polisie en buurtwagte se hand te vat in hierdie toenemend harderwordende stryd.

Dit kan ook wees om watervermorsers aan die kaak te stel – die waterkrisis raak ons almal en niemand van ons kan bekostig dat die water volgende jaar in die krane opdroog nie. Geniet die naweek.

Hier is nog baie om te vier aan die Weskus!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.