Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Basaartyd in Saldanha

Die NG kerk Saldanha hou Saterdag 1 September van 10:00 af basaar by Weskus Skool.

Probeer van die heerlike Hopefield-pasteie, Koekenaap-koek-en-happies en Stanford-jaffels of koop jou basaarpoeding by Paarlse poedings. Of dalk ’n warm roosterkoek uit die Tankwa-Karoo?

Vanjaar se basaar beloof om weer ’n fees vir oud en jonk te wees. Kom wys jou slag by die Volmoed-kaskenades, daag jou tiener uit vir Laser Tag of bring die kinders vir Spin-die-Wiel, ponieritte, springkasteel en ander vermaak by die kinderstalletjie.

Neem ’n foto by die photo booth om te verseker dat julle die dag saam onthou.

Die potjiekoskompetisie is nog ’n hoogtepunt waar gesoute kosmakers hul slag gaan wys.

Die musiek begin 15:00. Trek gemaklike skoene aan vir heeldag se kuier en lekker langarmdans.

Aandete is nie ’n probleem nie – spitbraaimaaltye is van 15:00 af te koop.

’n Nuweling by vanjaar se basaar is die koggelkroeg met alkoholvrye bier, wyn, cider en skemerdrankies in die klubhuis.

Vanjaar word ’n pendeldiens, wat sekere tye tussen die kerk en skool sal ry, die eerste keer aangebied.
. Besoek www.facebook.com/ngsaldanha vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.